Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Rei van my vrouens" deur HENNING PIETERSE
" Rei van my vrouens" deur HENNING PIETERSE [boodskap #82165] Wo, 13 Augustus 2003 22:45 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
H.J. Pieterse
Rei van my vrouens

Deur droomgange soek julle elke nag
na sleutels van my gegrendelde kamers.
My kasteel se mure sug sonder ophou
die lae bloedtoon van 'n eerste lied
mîn gheselle chumet niet

Dan verskyn julle een na die ander,
statig in gelid, sonder om hande vas te hou,
al in die rondte om my hemelbed,
gesigte weggekeer, in julle eie ritme.
Die jare se dans het min verander.

Ek sien jou altyd eerste, vrou
van die oggend, wat vrolik dink
jy ken die sterrekodes van my fort
reeds vanaf die eerste dag. Jy vergeet
hoe stadig herinnerings hier wegsink.

My vrou van die middag, jou gloeiende hare
waai koper, staal en brons in die wind
deur my gange; ek onthou jou sweet
en swaelgeur in my bed. Ook jy
verdwyn met uitgeputte gebare.

Wanneer jy aan die slaap raak
soos die see, my vrou van die aand,
laat jy jou hare swart oor my val, trek dan terug
asof iets jou laat skrik in die stiltes van my ryk.
Jy stap verder, sonder om in jou slaap terug te kyk.

My allesoorheersende vrou van die nag,
jy gly heel laaste deur my klam vertrekke.
In my woordkasteel soek jy sleutels van bloed
deur donkertes van oggend, middag, aand.
Skaduwees stoot op tot oor jou tong
maar jy sing: manda liet.
Jy rimpel my slaap, vertrek dan onseker en bang.

Van jou alleen behou ek 'n nagloed,
die hitte van 'n onsigbare muur
wat die dromende nagson snags vasvang.

Deur droomgange soek julle elke nag
na sleutels van my gegrendelde kamers.
My kasteel se mure sug sonder ophou
die lae bloedtoon van 'n eerste lied
mîn gheselle chumet niet
Re: " Rei van my vrouens" deur HENNING PIETERSE [boodskap #82180 is 'n antwoord op boodskap #82165] Do, 14 Augustus 2003 08:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tufka  is tans af-lyn  Tufka
Boodskappe: 31
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
Ek moet sê, die lasste paar gedigte van dié ou was regtig net pragtig!
Baie dankie
Tuff

@rogers.com wrote:
> H.J. Pieterse
> Rei van my vrouens
>
> Deur droomgange soek julle elke nag
> na sleutels van my gegrendelde kamers.
> My kasteel se mure sug sonder ophou
> die lae bloedtoon van 'n eerste lied
> mîn gheselle chumet niet
>
> Dan verskyn julle een na die ander,
> statig in gelid, sonder om hande vas te hou,
> al in die rondte om my hemelbed,
> gesigte weggekeer, in julle eie ritme.
> Die jare se dans het min verander.
>
> Ek sien jou altyd eerste, vrou
> van die oggend, wat vrolik dink
> jy ken die sterrekodes van my fort
> reeds vanaf die eerste dag. Jy vergeet
> hoe stadig herinnerings hier wegsink.
>
> My vrou van die middag, jou gloeiende hare
> waai koper, staal en brons in die wind
> deur my gange; ek onthou jou sweet
> en swaelgeur in my bed. Ook jy
> verdwyn met uitgeputte gebare.
>
> Wanneer jy aan die slaap raak
> soos die see, my vrou van die aand,
> laat jy jou hare swart oor my val, trek dan terug
> asof iets jou laat skrik in die stiltes van my ryk.
> Jy stap verder, sonder om in jou slaap terug te kyk.
>
> My allesoorheersende vrou van die nag,
> jy gly heel laaste deur my klam vertrekke.
> In my woordkasteel soek jy sleutels van bloed
> deur donkertes van oggend, middag, aand.
> Skaduwees stoot op tot oor jou tong
> maar jy sing: manda liet.
> Jy rimpel my slaap, vertrek dan onseker en bang.
>
> Van jou alleen behou ek 'n nagloed,
> die hitte van 'n onsigbare muur
> wat die dromende nagson snags vasvang.
>
> Deur droomgange soek julle elke nag
> na sleutels van my gegrendelde kamers.
> My kasteel se mure sug sonder ophou
> die lae bloedtoon van 'n eerste lied
> mîn gheselle chumet niet
>
Re: " Rei van my vrouens" deur HENNING PIETERSE [boodskap #82192 is 'n antwoord op boodskap #82180] Do, 14 Augustus 2003 11:35 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Tufka wrote

> Ek moet sê, die lasste paar gedigte van dié ou was regtig net pragtig!
> Baie dankie

Ja. Henning Pieterse het vir hierdie bundel
die Herzog-prys gekry.

Gloudina
Vorige onderwerp: " Droom van Bloubaard se vrou " deur HENNING PIETERSE
Volgende onderwerp: " Kwartet vir die einde van die tyd" deur HENNING PIETERSE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 22:39:52 MGT 2024